Hollandse siekte

In die ekonomiese wetenskappe verwys die vakterm Hollandse siekte na die negatiewe ekonomiese gevolge wat uit 'n sterk styging in 'n land se inkomste (en die gepaardgaande oorwaardering van sy geldeenheid) voortspruit. 'n Sodanige effek word veral met die ontdekking van natuurlike hulpbronne (soos byvoorbeeld aardgas of ruolie) verbind, maar dit kan ook die gevolg wees van enige sterk toename in 'n nasionale ekonomie se buitelandse valutareserwes, insluitende grootskaalse regstreekse buitelandse beleggings, buitelandse ontwikkelingshulp of 'n aansienlike styging in die prys van natuurlike hulpbronne of ander uitvoergoedere waarop 'n ekonomie hoofsaaklik steun.[1]

  1. investopedia.com: Definition of 'Dutch Disease'. Besoek op 10 Februarie 2016

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search